’n Aantrekgids oor styl, kleur, lyfvorm, bykomstighede en méér
Staan jy voor jou oorvol klerekas, maar kry niks om te dra nie? Moenie langer wag nie, skep die klerekas wat jóú styl en sak pas! Met ‘n kennersoog en kennersraad kan jy leer om wie JY is na vore te bring, én jou selfvertroue en unieke aantrekstyl te beklemtoon.
Sunet Vermaak Voorkoms-konsultant en stylafrigter
Moenie sleg voel as jy soos die meeste vroue nie ’n gebore stylkenner is nie. Die goeie nuus is dat jy wel kan leer om fantasties te lyk!
Vroue verskil – elkeen het ʼn ander styl, lyfvorm en bykomstighede waarvan hulle hou om aan te trek. Niks kan egter jóú persoonlikheid en jou lyf vlei soos die regte uitrusting, kleur en bykomstighede nie!
Dis hoe jy jou klerekas regruk! is ‘n VIDEO-AANTREKGIDS om jou hiermee te help – met ‘n kennersoog en kennersraad word Sunet Vermaak jou persoonlike stilis en stylkonsultant en wys jou stap vir stap wat JY moet koop en dra.
• Ontdek jou stylpersoonlikheid wat die beste jy na vore bring
• Analiseer vinnig en maklik watter kleure jou die mooiste pas
• Word lief vir jou lyfvorm en kies die vleiendste snitte vir jou
• Die moets en moenies oor wat by jou gesigvorm en hare pas
• Hoe om met die regte kledingstukke verskeie uitrustings te kombineer
• Sprankel met die regte bykomstighede en maak aantrek pret