Wees seker van jouself – hulle soek die gat in jou mondering! As jy histeries moet wees om die punt te maak dat jy ernstig is, is jou gesag maar dun. Wees kalm wanneer jy praat en moenie vra nie – sê!
Maak seker hulle verstaan die doel van jou opdrag. Roosboompies voer nie opdragte uit “omdat jy so sê” nie, maar omdat hulle die sin daarvan kan insien.
As ’n roosboompie nie luister nie en jy lus is om te skree, kom tot by haar, hou haar gesiggie tussen jou hande en sê sag maar duidelik wat jy verwag.
As jy baie kwaad is, sê dit vir hulle sodat hulle nie onwetend ’n landmyn aftrap nie. Dit help die roosboompie om te weet dat die afgrond te naby is vir nog ’n dansie.
As hierdie alternatief vir skree nie werk nie, is daar ander: Gebruik ’n gebaar soos om te frons en na die nat handdoek op die vloer te wys.
Wees direk en ondubbelsinnig. Dit beteken dat jy nie samewerking moet vra nie, maar eerder ferm maar vriendelik daarop moet aandring.
Wees kort en kragtig – kom tot die punt. Dit irriteer roosboompies wanneer iemand koes-koes aankom met ’n opdrag.
Hou dit onpersoonlik en onemosioneel. Dit is veral belangrik wanneer jou roosboompie ongeskik is. Wanneer ons roosboompie ongehoorsaam is, moet ons ook onpersoonlik en onemosioneel die gevolge aankondig.
Stel jou opdragte sover moontlik as positiewe uitdagings.
Wanneer jou kind begin verstand kry – rondom ses jaar – kan jy baie aankondigings begin inruil vir gesprekke. Voordat jy ’n rigiede reël aankondig is daar ander paadjies om te volg wat vir jou roosboompie sal wys dat jy hom of haar wil respekteer en in ag neem.
Maak ’n positiewe aanname dat jou kind gehoorsaam gaan wees, deur die woord “wanneer” te gebruik in plaas van die woord “as”. “As jy die fliek wil sien, sal jy jou huiswerk moet laarmaak,” kan vir ’n roosboompie na ’n streep in die sand klink en hom laat antwoord: “Ek stel anyway nie belang in die stupid fliek nie!”
Moenie aanvallend kommunikeer as jy dit kan verhelp nie, want dit ontketen net redenasies en verskonings en moedig nie gehoorsaamheid aan nie.
Opgesom:
Gee ’n duidelike opdrag,
gee redes,
gee gevolge,
gee pad totdat dit gedoen is en
gee erkenning vir sukses.
Hoe kan ons beter na ons roosboompies luister?
Gee jou ouer roosboompie ’n regverdige kans om ’n standpunt te stel. Daar mag egter streng reëls wees, soos dat dit sonder beskuldigings, beledigings en met ’n vriendelike stem moet gebeur.
Moenie te gou reageer nie, en maak seker jy verstaan die kind reg deur terug te sê wat jy gehoor het.
Verstaan dat roosboompies kripties en taktloos kan oorkom en korrigeer dit gerus, maar moenie persoonlik raak of onnodig sensitief wees daaroor nie. Hulle bedoel nie om ongeskik te wees nie.
Vra gerus vrae om seker te maak jou roosboompie kan sien jy wil verstaan en wanneer jou roosboompie vrae vra, moet dit nie persoonlik opneem nie.
Luister versigtig, want roosboompies hoop jy sien nie deur hulle manipulasietegnieke nie. Wees bedag op hulle vermoë om op jou skuldgevoel te speel!
Voordat jy sommer net “nee” sê, kan jy eerder sê: Dis ’n idee. Laat ek ’n bietjie daaroor dink. Wanneer moet jy ’n finale antwoord hê? Wat is jou plan daarmee? Is dit volgens ons huisreëls? Hoe kan jy seker wees dit gaan werk? Hoekom moet ek “ja” sê?
Opgesom:
Gee kans,
gee ruimte,
gee vraetyd en
wag voor jy reageer.
Hierdie webtuiste gebruik cookies
Hierdie webtuiste gebruik cookies om ons te help om die beste diens te lewer. Wanneer jy hierdie webtuiste besoek, gee jy toestemming vir die gebruik daarvan. Vir meer inligting, kyk asseblief na die bepalings en voorwaardes in ons beleid. Cookie stellingsAanvaar
Bepalings en Voorwaardes
Privacy Overview
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. This category only includes cookies that ensures basic functionalities and security features of the website. These cookies do not store any personal information.
Any cookies that may not be particularly necessary for the website to function and is used specifically to collect user personal data via analytics, ads, other embedded contents are termed as non-necessary cookies. It is mandatory to procure user consent prior to running these cookies on your website.
Login
Accessing this kursus requires a login. Please enter your credentials below!