Stel jou voor hy of sy stap dié eksamentyd in met selfvertroue, gefokus én eksamen-gereed – met ’n sterk geloof, helder denke en die regte studiemetodes om die beste te lewer wanneer dit die meeste tel.
Die #EksamenGereed video-program is 90 minute lank, en jou kind kan kyk wanneer dit hom of haar pas, waar ook al, op ’n selfoon, tablet, rekenaar of slim-TV.
Dit is wat jou kind gaan leer!
1. Om anders te dink!
Hoe om negatiewe gedagtes te herken, soos “ek gaan dit nooit regkry nie”, en hoe om dit met iets beter te vervang. Met die regte ingesteldheid kan kinders rustiger, meer gefokus en vol selfvertroue deur eksamentyd gaan.
2. Om temperament en leerstyle te verstaan!
Elkeen van ons kinders verkies sekere maniere van leer en onthou bo ‘n ander, dit word ons leervoorkeur genoem. En dit is verseker so dat temperament ‘n invloed het op ‘n kind se leervoorkeur!
3. Om slimmer te werk, nie harder nie!
Die goeie nuus is goeie studievaardighede kan aangeleer word, van tydsbestuur en doelwitstelling tot beter organisasie. Dit help kinders om meer gefokus en doeltreffend te werk, sonder om heeltyd oorweldig te voel.
4. Om krag uit geloof te put!
Om krag uit hul verhouding met God te put, doelgerig te bid en Hom deel te maak van die eksamenpad, is belangrik. Wanneer ’n kind sy studies saam met Hom aanpak, hoef hy nie die las alleen te dra nie.