Veertig geloofsvroue, soos Liesel Krause-Wiid, Karien Basson, Melissa van Biljon en Janine Fourie (Truter), het elkeen één Bybelwoord gekies, saam met ‘n sleutelvers waarin dié woord voorkom.
Bybelwoorde soos hoop, dankbaarheid, genade, vrede, vergifnis en vertroue vorm deel van hierdie lys, en elke woord het die krag om jou lewe te verander!
Volgens jóú behoefte kies jy elke dag ’n Bybelwoord uit die lys van veertig woorde – luister na die oudio-dagstuk, óf lees die dagstuk sou jy wil, of lees én luister saam, wat jou ookal pas!
‘N GELOOFSUITDAGING!
Spandeer tyd saam met God deur jou één Bybelwoord in gebed te oordink – is daar vir jou ’n opdrag, ’n belydenis of ’n belofte, en hoe gaan jy dit prakties uitleef?