Om die verskille tussen die mense saam met wie jy werk te ken en te aanvaar, en om hierdie verskille tot jou voordeel te gebruik, is nie net goed vir die individu nie, maar ook goed vir besigheid!
Herken jy hierdie mense? Die persoon wat altyd ’n opinie het? Die passiewe een wat nooit idees na
die tafel toe bring nie? Die diktator wat almal wil oorheers? Die persoon wat altyd “nee” sê? Die een wat kla eerder
as om oplossings te vind? Hierdie is die mense saam met wie jy werk …
1. Herken jy hierdie mense saam met wie jy werk …
2. Persoonlikheid kan ʼn span bymekaarhou of opbreek
3. Leer jou kollegas se sterkpunte en swakhede ken
4. Elke span het geles, rooies, groenes en bloues nodig
5. Hoe om goed te kommunikeer en konflik te vermy
6. Om doeltreffend saam te werk, is goed vir besigheid!
“Of jy ’n bestuurder, toesighouer, spanleier of medewerker is – om jou en jou kollegas se sterk- en swakpunte te ken en te verstaan, sal help om spanwerk te verbeter”, sê Lynette Beer, aanbieder van die VIDEO-OPLEIDINGSKURSUS Verstaan die mense saam met wie jy werk.