Begin jou week (en elke ander dag) met God.
Kry elke Sondag op jou selfoon, tablet of rekenaar GRATIS dagstukkies om te lees, ‘n oudio om te luister én ‘n video om te kyk.
“As jy al ooit gedink of gesê het dat geloof oor meer moet gaan as wat jy nou ervaar, is #StilwordSondag net vir jou,” sê Karien Basson, redakteur van Voelgoed Media se Vroue wat glo-bediening.
#StilwordSondag sluit dagstukkies, oudio’s en video’s in. En jy kry dit elke Sondag GRATIS – om die hele week te lees, te luister én te kyk op jou selfoon, tablet of rekenaar.
Doen dit by die huis waar jy koffie drink, in die motor op pad werk toe, of vroegoggend in die kantoor.
• Gratis oudio om te LUISTER
• Gratis dagstukkies om te LEES
• Gratis video om te KYK
