Jy is besig! Jy het werk om te doen, kinders om groot te maak, afsprake om na te kom en ’n huweliksmaat wat liefde nodig het.
Te midde van jou besigwees voel jy tog asof iets kort …
Jou geloof is nie wat dit veronderstel is om te wees nie, jou verhouding met God is afgewater, jou gebede is oppervlakkig, en jou stiltetyd het selfs heeltemal verdwyn.
Hoe groei jy weer in jou verhouding met God? Wat doen jy om Sy stem te hoor in ’n besige wêreld?
Party mense dink God praat nooit met hulle nie, ander dink hulle hoor Hom nie omdat hulle dalk nie regtig Sy kinders is nie.
Meeste van die tyd lê die probleem egter daarin dat ons nog nie geleer het hoe om te luister nie.
Lynette Beer help jou met Hoor God se stem! wat dit beteken om God se stem te hoor in ’n besige wêreld en betekenisvolle tyd met Hom te spandeer.
• God het ‘n groot plan met jou lewe
• Dit maak sin om aan te hou glo
• Volhard, want seën volg na gebrokenheid
• Vertrou God vir jou toekoms, sonder bekommernis
• Waag dit om te wag vir ’n wonderwerk!
• Dink nuut en anders oor geluk