Argiewe: FAQs

Shape Image One

Mag ek die Splinternuwe Jy Vetverbrandende Koffie drink tydens die 60 dae-uitdaging?

Ja, jy kan een koppie of glas daarvan per dag voor 13:00 drink. Meng 18 g (50 ml) van die droë poeier met 250 ml water. As jy melk daarby wil voeg, moet dit uit jou daaglikse melktoelaag kom. Indien dit te soet of te sterk is, kan jy die hoeveelheid poeier verminder.

Mag ek die Splinternuwe Jy Kollageen gebruik tydens die 60 dae-uitdaging?

Ja, dit is toelaatbaar. Jy kan 10 g (20 ml) daagliks gebruik saam met ontbyt.

Hoe kan ek kontak maak met ‘n praktiserende dieetkundige in my omgewing?

ADSA / The Association for Dietetics in South Africa is die professionele organisasie vir geregistreerde dieetkundiges in Suid-Afrika. Besoek hul webblad vir meer inligting: https://adsa.org.za/ of kliek op https://adsa.org.za/find-a-registered-dietitian/ om ‘n dieetkundige in jou omgewing te vind. Die telefoonnommer is 011 867 5005

Hoe gaan ’n mens te werk as jy potjiekos/stews of stirfry wil maak?

Wanneer jy disse soos potjiekos, bredie of stirfry maak gebruik jy die hoeveelheid vleis en groente op jou plan en weeg dit apart voor gaarmaak en dan gooi jy dit bymekaar. Die groente is volgens die voedselkeuselys se gramme, maar jy kan die groen groentes (soos groenbone, groen soetrissie, broccoli, spinasie, zucchini) en sampioene ’n

As ek koolslaai maak, watter geur jogurt kan ek gebruik?

Gebruik ongegeurde laevetjogurt. Rosyntjies (uit jou vrugtetoelaag) kan bygevoeg word om die slaai ‘n soeter smaak te gee. Jy kan ook laevetmayonnaise gebruik uit jou daaglikse vetporsie.

Hoe maak ek die vis smaaklik gaar?

Die volgende kruie en speserye kan in matige hoeveelhede gebruik word om vis smaaklik gaar te maak: Lourierblare, suurlemoensap, oreganum, pietersielie, mosterdpoeier, knoffel, ui, peper, gemmer.