Argiewe: FAQs

Shape Image One

Ek is die enigste een in ons huis wat volgraanbrood eet die ander eet wit brood. Hoe gemaak om te verhoed dat die volgraanbrood oud word?

Koop gesnyde volgraanbrood en verpak dit in jou dag se hoeveelheid. Dan vries jy dit in die vrieskas. Jy kan dit die aand vooraf uit die vrieskas haal om te ontdooi of jy kan dit in die broodrooster ontvries. Moet verkieslik nie die brood in die yskas hou nie, die vogtige omgewing sal skimmelgroei (muf)

Is daar ’n eetplan vir vegans?

Die huidige plan is nie aangepas vir vegans nie omdat dit ’n totaal ander eetplan en voedselkeuselys behels. Stuur asseblief ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting.

Ek sien glad nie vegetariese opsies vir proteïne nie?

Jy is heeltemal reg, daar is nie tans vegetariese opsies nie. Stuur asseblief ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting.

Hoekom voel ek honger ná oefening?

Jy is honger ná jou oefensessie omdat jy energie verbruik wanneer jy oefen. Baie dikwels dink ons ook ons is honger terwyl ons net dors is. Drink water ná jou oefensessie en moenie eet tot ’n uur ná jou oefening nie.

Wanneer is die beste tyd om te oefen?

Vir vetverbranding is die heel beste tyd om vroeg soggens op ’n leë maag te oefen (mits jy nie bloedsuikerprobleme het nie). As jy baie stres ervaar, is oefening ná werk in die middag ’n goeie uitlaatklep.

Sal dit ’n groot verskil maak in my gewigsverlies as ek nie oefen nie en slegs reg eet?

Studies het twee baie belangrike feite na vore gebring: 1. Vir gewigsverlies tel jou dieet 80% en oefening 20%. Deur minder te eet en jou kilojoules te beperk sal jy dus gewig verloor. 2. Mense wat egter oefen terwyl hulle gesonder eet, en oefening deel van hulle leefstyl maak, hou hulle gewig af en hulle