Wat maak ek as ek begin naar word vir water?
Drink jou water yskoud met ’n bietjie vars suurlemoen. Hou ’n bottel op jou tafel en drink bietjie vir bietjie. ’n Hele glas net so gaan jou dalk naar laat voel. Dis lekkerder met vars vrugte soos aarbei of bloubessies in. Moenie dadelik begin met 8 glase water as jy nie daaraan gewoond is nie.