STEPHAN JOUBERT se leef- en speelruimte begin by ekerk, ’n internasionale geloofsgemeenskap wat mense deur ’n digitale bediening en praktiese noodprojekte inspireer.
Tussendeur is hy betrokke by opleiding en prediking in ander gemeentes, soos Mosaïek en Kerksondermure.
As buitengewone professor in teologie kan hy steeds vrye teuels gee aan sy liefde vir teologiese nadenke.
Die Boodskap, ’n eietydse Bybelvertaling saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in sy loopbaan as skrywer.