Waarom die #Eerste5-stiltetydplan?
Die wêreld het godvresende mans nou nodiger as ooit tevore, wat sal opstaan en die leiding neem by die huis, by die kerk, by die werk en in die gemeenskap.
Die #Eerste5-stiltetydplan vir mans is spesifiek ontwerp om mans toe te rus om geestelik te groei, en al wat dit van jou vra, is vyf minute!
Méér oor die stiltetyplan!
Kry ’n dagstuk vir elke weeksdag, ’n oudio vir Saterdag én ’n video vir Sondag – om te lees, te luister en te kyk op jou selfoon, tablet of rekenaar.
Doen dit by die huis waar jy koffie drink, in die motor op pad werk toe, of vroegoggend in die kantoor!
Só werk die #Eerste5-stiltetydplan!
Dagstukke vir die week, elke Maandag tot Vrydag, deur die bekende predikant en skrywer Jannie le Roux. Die dagstukke raak elke aspek van ‘n man se lewe aan – verhoudings, werk, finansies, drome, en méér.
Oudio’s oor pa-wees, elke Saterdag aangebied deur bekende pa’s soos Jannie Putter en Michael Mol, help mans om die pa’s te wees wat God hulle geskep het om te wees.
As deel van die #Eerste5-stiltetydplan kan jy ook elke Sondag uitsien na leierskapafrigter Johan Beukes se weeklikse oudio.