Waarom die #Eerste5-stiltetydplan?
Daar is soveel druk oor hoe om die perfekte meisie te wees. Hoe weet ‘n mens in vandag se tyd wat reg en verkeerd is? Hoe vind ek uit wat ek met my lewe wil doen?
Die #Eerste5-stiltetydplan vir meisies is spesifiek ontwerp om tienermeisies toe te rus om geestelik te groei, en al wat dit van jou vra, is vyf minute!
Méér oor die stiltetyplan!
Kry ’n dagstuk vir elke weeksdag én ’n video vir die naweek – om te lees en te luister op jou selfoon, tablet of rekenaar.
Só werk die #Eerste5-stiltetydplan!
Dagstukkies vir die week, elke Maandag tot Vrydag, deur Leandie du Randt en ander wat ‘n meisie se taal praat en raad gee sonder om prekerig te wees.
As deel van die #Eerste5-stiltetydplan kan jy ook uitsien na die predikant Janine Fourie se weeklikse