Argiewe: FAQs

Shape Image One

Hoe lank moet ek oefen? Kan ek byvoorbeeld die oefenvideo’s 2 of 3 maal doen?

Dis belangrik om minstens 4-5 keer per week te oefen. As jy baie fiks is, kan jy die oefenvideo’s twee maal doen of selfs soggens en saans. Maak seker jy doen die oefening soos op die video en onthou om vooraf op te warm.

Ek het ’n knieprobleem, watter oefeninge is goed om te doen?

Probeer die oefenvideo’s op jou Voelgoedleerprofiel of anders is dit goed om doodgewoon net te stap vir 20-30 min per dag. As dit te veel stremming op jou knie plaas, kan jy ook swem of water aerobics probeer. Luister na jou liggaam en gaan sien ’n biokinetikus en fisioterapeut as jou knie te veel probleme

Mag ek ystee drink?

Jy kan jou eie ystee maak van afgekoelde rooibostee. Voeg versoeter na smaak by. Suikervrye ystee is by supermarkte beskikbaar en is ook toelaatbaar. Gebruik dit as deel van suikervrye koeldrank en probeer om nie meer as 250 ml per dag daarvan te drink nie. Water bly steeds die beste drankie!

Watter koeldranke kan ek drink?

Suikervrye/dieetgaskoeldrank (soos Coke No Sugar of suikervrye Sprite) of aanmaakkoeldrank (soos Drink O’ Pop) mag gedrink word, maar verkieslik nie meer as 250 ml per dag nie. Kyk op die voedseletiket û die totale hoeveelheid suiker, onder koolhidrate (carbohydrates), moet 0 gram per 100 gram wees.

Kan ek Energade of Powerade drink?

Sportdrankies is baie hoog in glukose (suiker) en word glad nie aanbeveel nie.

Kan ons cappuccino drink?

Gewone kitscappuccinopoeier is hoog in vet en suiker en word nie tydens die uitdaging toegelaat nie; ook nie die suikervrye soort nie. Maak eerder jou eie cappuccino: maak 100 ml vetvrye melk warm en klits dit tot skuim; voeg by filterkoffie en versoet met ’n kunsmatige versoeter.